TUISBLAD
STUUR EPOS
ENGLISH

Woodlands selfsorg akkommodasie en kampering

Beste oornag akkommodasie 10 km van Francistown
PRYS EN BESPREKING BOTSWANA AKKOMMODASIE ANDER FRANCISTOWN AKKOMMODASIE
Onthoou: Daar is ekstra koste van Pula 20 per karavaan of sleepwa wanneer jy kampeer.
21°4.93'S 27°27.83'E
 
Woodlands stop Over Francistown

Woodlands selfsorg – geleë op die oewer van die pragtige Tati-rivier, 10 km noord van Francistown op die Nata/Maun/Kasane A3-roete. Woodlands-kamp is die ideale oornagpunt op die lang pad vir die toeriste wat die noordelike gebiede van Botswana verken, of oppad is huis toe, en graag voor donker veilig van die pad af wil wees.

Woodlands het ‘n koel, sprankelende swembad waarin jy kan afkoel na jou lang dagreis. Individuele kampplekke, elk met digte gras, het hul eie braai en water. Party het ook kragpunte. Jy kan ook heerlik in snoesige chalets, elk met ‘n teëldak, eie elektrisiteitsvoorraad, bamboesmeubels eie aan Afrika en driekwartbeddens slaap.

Dalk sal jy eerder verkies om in een van Woodlands se pragtige kothuise tuis te gaan – Woodlands, Guinea Fowl of die nuwe River View Chalets. Hulle is almal ten volle toegerus vir selfsorg-toeriste. Hulle bied ook braaipakke, hout, ys, verversings en basiese voedselsoorte vir reisigers se gerief.

Jy kan ‘n groot verskeidenheid van Botswana se voëlspesies sien terwyl jy op die afgesonderde mukwa-dek op die rivier se oewer ontspan. In die somermaande kan jy ook die roep van die migrerende Woodlands-visvanger hoor wat elke jaar daar nesbou. Die kampterrein is na dié voëlsoort vernoem.

Jy kan heerlik stap op die rivieroewer. Die Selolwe-ruïnes (‘n Nasionale Monument-terrein) is binne maklike loopafstand. Alhoewel die oord se amptelike naam “Woodlands 4x4” is, kan jy die oord in ‘n gewone tweewiel-aangedrewe voertuig bereik.

Jy sal Woodlands se padteken op regterkant sien, 10 km noord van Francistown op die Nata-pad. Daar is ook ‘n klein winkeltjie by Woodlands wat die noodsaaklikste items aanhou.

 

Self-catering chalet Woodlands Francistown Botswana
 
Woodlands Stop Over Dinning room
Woodlands self catering accommodation lounge
Camping at Woodlands Francistown Botswana Self catering unit at Woodlands Francistown
Woodlands Stop Over camping Beddroom Woodlands self Catering Francistown
River at Woodlands Lodge francistown Woodlands self-catering accommodation kitchen

Woodlands beveel die Kalahari Arms Hotel in Ghanzi, met sy ryke tradisie aan

NAMIBIESE AKKOMMODASIE

In Swakopmund, kan jy kies tussen Alte Brucke selfsorg akkommodasie wat baie soos Woodlands is of jy kan die luukse Swakopmund Hotel en Vermaaklikheid sentrum as jou verblyf gebruik. Noord van Swakopmund is die Cape Cross Lodge langs die skedekus van Namibië. Die Oranje Rivier Lodge by Noordoewer bied akkommodasie gelykstaande aan die selfsorg akkommodasie by Woodlands.

ZIMABAWE

Die Matobo Hills Lodge is 'n pragtige lodge in die Matobo Heuwels van Zimbabwe. Die Motobo heuwels Is binne 'n dag reis van Woodlands in Francistown. Fothergill Island is 'n eiland in die Matusadona Nadional Park in in die Karibadam. Caribbea Bay Hotel is 'n alternatiewe opsie by Kariba.